​15 Suid-Afrikaanse slaapkamers om van te droom

Johannes van Graan Johannes van Graan
Project #, Frans Alexander Interiors Frans Alexander Interiors Modern style bedroom
Loading admin actions …

Om ‘n goeie nagrus te geniet moet jy natuurlik ‘n goeie slaapkamer hê, en dit bevat ‘n hele paar elemente, soos die regte matras, sagte kussings, goeie beligting, ens. Maar moet natuurlik ook nie van styl vergeet nie, want hoe kan jy verwag om die volgende oggend verfris te voel as jou slaapkamer styl jou heel aand wakker hou?  

Dus, om jou siel en styl te inspireer, kom ons kyk bietjie na 15 pragtige slaapkamers wat perfek kan werk vir ‘n Suid-Afrikaanse huis. En voel vry om nota’s te neem oor die kleure, materiale, patrone en uitlegte wat hier gebruik word!

1. Die ligte kleure, houtpanele en sonlig verskaf die ideale hoeveelheid elegansie vir dié slaapkamer.

Roca Llisa, ARRCC ARRCC Modern style bedroom

2. Kyk hoe kan eenvoudige skakerings ‘n gewone slaapkamer omskep in ‘n ware droom.

3. Hierdie tuin uitsig is perfek om lig en groenigheid binne te verwelkom.

4. Ons kan nie anders as om aan die see te dink met al hierdie diep blou in hierdie stylvolle slaapkamer nie.

5. Maar as blou nou nie vir jou werk nie, kan ‘n see-groen skakering ook perfek wees vir ‘n ou seehuisie styl.

6. Donker gordyne is net die ding om daardie sonlig uit te dwing – dis nou as jy bietjie wil inlê!

7. Moenie vergeet dat die minimalistiese styl net so doeltreffend kan werk nie – minder is mos meer, soos hulle sê.

8. Vir ‘n tikkie sagtigheid, stel ons voor jy bring ‘n mooi blomme patroon in, soos met hierdie kussings.

9. Wie sê muurpapier met treffende patrone is oor die muur?

10. Kussings, komberse, gordyne en matte kan als help om jou slaapkamer ‘n sagte styl te gee.

11. Solank jy dit nie oordoen nie, kan ‘n paar foto’s teen die mure ‘n bietjie persoonlikheid aan jou slaapplek verleen.

12. Moenie mal gaan met die reënboog nie – neutrale kleure kan net so elegant en klassiek lyk.

13. ‘n Bietjie patroon verleen heerlike karakter, veral as jou hele kamer net van neutrale kleure gebruik maak.

14. Indien jy die spasie het, druk ‘n tafeltjie met ‘n stylvolle stoel of twee in om jou slaapkamer nog meer prakties te maak.

15. Ja ons is ook lief vir wit, maar ons raai jou aan om liewerste nog ‘n kleur by te voeg, soos hierdie ligte goue skakering. Anders kan daai kamer te klinies voorkom!

Indien jy dink daardie kopstuk is nie van veel belang nie, kyk onmiddelik na 22 beautiful headboards for your bedroom.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine