​6 treffende heining idees vir jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa San Lorenzo, Gestec Gestec Classic style houses Marble
Loading admin actions …

Waardevolle goed, hoe klein of hoe groot dit ook al mag wees, word gewoonlik opgepas – jou huis is geen uitsondering. Dis juis hoekom soveel huise versteek word agter heinings en veiligheidshekke, veral hier in Suid-Afrika. 

Maar niemand sê mos dat jy nou vir die lelikste heining moet gaan net om veilig en beskermd te voel nie – daardie heining en hek wat jou huis omring kan mos net so netjies, stylvol en kreatief soos jy wees, of hoe?

Loer bietjie na hierdie 6 voorbeelde van heinings wat aandag trek vir al die regte redes.

1. Baksteen en yster

Ons eerste voorbeeld is ‘n kombinasie van moderne en rustieke style wat ‘n heel netjiese ontwerp bied. En alhoewel dit nou nie die hoogste heining ooit is nie, is dit ‘n perfekte keuse vir mense wat hulle huise nie heeltemal wil wegsteek agter hoë mure nie.

2. Mooie messelwerk

Beton is heel betroubaar in terme van sterkte en langdurigheid, maar dit kan natuurlik net so stylvol ook wees. Hierdie betonmuur gee ‘n heel moderne styl, asook ‘n subtiele tekstuur, aan die huis se buitekant. En natuurlik is daar soveel moontlikhede wanneer dit by verf en kleure kom!

3. Pragtige palisade

Palisade heinings is niks nuuts nie, maar dis nie te sê joune moet presies soos jou buurman s’n lyk nie. Daar is hoeveel verskillende patrone, kleure en ontwerpe wat perfek by jou huis se styl gaan pas, om nie eers te praat van die feit dat dit van die mees gewildste veiligheidsheining opsies is nie.

4. Vlekvrye staal skoonheid

Dit maak net sin om ‘n sterk materiaal soos staal vir jou heining te gebruik, en natuurlik word hierdie opsie nog meer gewild danksy die feit dat mens soveel ontwerpe en style met staal kan uitrig. 

Wat dink jy van hierdie swart staal heining en hek wat so pragtig kontrasteer met die groen van die tuin? Sou jy dit ‘n ander kleur gee?

5. So kunstig met yster

Daar is seker geen ontwerp of patroon wat yster nie kan namaak nie, wat beteken jy kan heel kreatief met jou huis se heining en hekke raak.

6. ‘n Natuurlike styl

Daar is geen rede hoekom jy nie van Moeder Natuur gebruik kan maak vir jou heining nie – houtstompe, bosse en rankplante kan definitief ‘n unieke styl aan jou heining verleen, as dit jou droom is om uit te staan. 

Dis dalk nie die veiligste opsie op ons lys nie, maar dis beslis ‘n kreatiewe keuse wat heel oulik in, byvoorbeeld, ‘n agtererf kan lyk. 

Lus vir nog? Kyk na hierdie Fantastiese heining idees vir Suid-Afrikaanse tuine.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine