​25 braai spasies vir jou volgende naweek kuier

Johannes van Graan Johannes van Graan
Пентхаус, Rash_studio Rash_studio Modern balcony, veranda & terrace
Loading admin actions …

Met die somer net om die draai, begin baie van ons al klaar planne beraam om kuiers saam met vriende gedurende naweke in te werk – en wat kan nou beter wees as om sosiaal te verkeer rondom ‘n oop vuur terwyl ‘n lekker vleisie (en die nodige groente) gaar word?

Beloer bietjie hierdie 25 braaiers (party is in die tuin, ander op ‘n stoep, en ander sommer deel van die huis se binneste spasie) om jou meer inspirasie vir jou volgende kuier te gee…

1. Hoe deftig is daardie teëlontwerp en houtplafon nie?

2. Wat van so ‘n houtpergola om jou braaispasie ekstra styl te gee?

3. ‘n Baksteenmuur kan karakter aan enige spasie verleen.

4. Ons is mal oor die elegante styl van hierdie afdak stoepie.

5. Ons is seker ‘n tamaai groot swembad is slegs ‘n paar treë weg van hierdie kuier area.

6. So ‘n parmantige afdakkie hou mos van aandag trek!

7. Lekker oop en bloot tussen die plantegroei.

8. Kyk net watse lekker kleur en patroon gee hierdie vloer!

9. Oorgenoeg sitplek vir die vriende.

10. Geen slegte weer gaan hierdie kuier area belemmer nie.

11. ‘n Braaier en pizza oond in die kombuis? Dis mos nou briljant!

12. Hoe sjiek is hierdie balkon nie?

13. Selfs klein kan nog steeds prakties wees.

14. Oorgenoeg pakplek vir hout en steenkool.

15. Wat dink jy van hierdie betonontwerp se rou styl?

16. Kyk net hoe mooi gaan baksteen en houtpanele saam.

17. Wat dink jy van so ‘n rustieke ontwerp?

18. Vlekvrye staal afwerkings verskaf so tikkie klas aan hierdie kuier area.

20. ‘n Mengsel van teksture verseker hope styl hierso.

21. Hoe elegant kan ‘n braai spasie wees?

22. Minder is mos meer, veral met die minimalistiese styl.

23. Hierdie tamaai groot stoep het oorgenoeg spasie vir vet pret.

24. Al wat hier kort is ‘n paar gemaklike stoele.

25. Hoe treffend is hierdie metaalontwerp?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine