Die fraai voorafvervaardigde huisie onder R100,000

Johannes van Graan Johannes van Graan
mediterranean by homify, Mediterranean
Loading admin actions …

Ons homify 360 ° hoogtepunt vir vandag kom van Tuna Prefabrik in Turkye, die kenners wanneer dit kom by voorafvervaardigde- en skeepsvraghouerhuise.

Hierdie klein ontwerp is 'n voorvervaardigde huis met al die nodige elemente, sowel as 'n ordentlike dosis sjarme aan die buitekant, aangesien ons almal weet hoe belangrik 'n huis se buitekant is. 

Die beste van als is dat hierdie struktuur vir net onder R100,000 gebou is – afhangende van die grootte en afwerkings, natuurlik.

Kom ons word geïnspireer…

Die oulike buitekant

Met 'n uitleg van 40m² is hierdie struktuur beslis 'n bietjie aan die klein kant, maar bied nog steeds genoeg spasie vir ‘n gemaklike leefruimte. 

Vir die dakbedekking is metaalplate gebruik, alhoewel metaalteëls ook opsioneel is afhangende van kliënte se versoeke. Loodvrye PVC verseker veilige en aantreklike vensters, wat ook behoorlike natuurlike beligting na binne inlaat. 

Hou in gedagte dat finale pryse drasties verander kan word, gebaseer op beide binne- en buite afwerkings, veral wanneer dit kom by kombuis- en badkamergeriewe.

Nog ‘n opsie

Aangesien dit 'n voorafvervaardigde huis is, kan die styl en ontwerp verander word, afhangende van kliënte se versoeke en vereistes. So, wat dink jy van hierdie opsie nommer 2? Ja, dit is nog steeds dieselfde huis, al is dit in 'n ander kleur en met verskillende afwerkings.

Ons dink die ysterheining van die stoep voeg net die regte hoeveelheid sjarme by.

Hoe lyk die binnekant?

Alhoewel ons geen foto’s van die binnekant het nie, kan die vloerplan vir ons 'n aanduiding gee hoe die huisie aaneengesit is. Hier kan ons sien dat dit 'n oopplan vertrek het (met 'n wasbak wat reeds geïnstalleer is), wat perfek kan wees vir 'n kombuis en sitkamer.

‘n Badkamer met stort, wasbak en toilet is afgesluit vir privaatheid, terwyl 'n bykomende vertrek van 10m² bedoel is vir die slaapkamer

Sal dit nie perfek wees vir 'n gastekamer/huisie wat losstaan van die hoofhuis nie? 

Verkies jy hierdie ontwerp of ‘n Voorafvervaardigde huis vir minder as R400,000?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine