​Hoe jou huis moet lyk volgens jou sterreteken

Johannes van Graan Johannes van Graan
Toldos para Casa, TOLDOS SPANNMAXXL.de TOLDOS SPANNMAXXL.de Minimalist style garden Textile Amber/Gold
Loading admin actions …

Beton of baksteen? Modern of rustiek? Wit of blou (or pers of rooi… )? Daar is soveel opsies om van te kies wanneer dit by huisbou en –koop kom, geen wonder party mense het geen idee hoe om te besluit nie. Daarom het ons besluit om eerder na die sterretekens te draai en laat hulle self vir ons besluit watter huis ons regtig verdien…

1. Vis: Gaan met die klassieke styl in ‘n rustige kleur en baie oop spasies, soos groot vensters en balkonne – dit weerspieël jou oop karakter.

2. Tweeling: Dié teken pas die beste aan by verandering en daarom stel ons iets kleurvol voor om hul lewendige persoonlikheid te beklemtoon.

3. Waterdraer: Aangesien jy vriendelik en oop is moet jou huis se buitekant ‘n warm ontwerp voorstel, soos bekoorlike baksteen en hout in ‘n warm skakering.

4. Kreef: Jy is effens geheimsinnig, dus moet jou huis nie te veel wys nie – ligte kleure, hoë mure, en net ‘n tikkie versiering om jou sagte karakter te beklemtoon.

5. Maagd: Beslis ‘n praktiese persoon, en daarom is die moderne styl met oop spasies en praktiese uitlegte ideaal.

6. Leeu: Beskou as een van die pragtigste tekens, moet jou huis hierdie skoonheid uitstraal deur helder kleure, mooi versierings, en afwerkings wat aandag trek.

7. Steenbok: Jy is die toonbeeld van volwassenheid, en in argitektuur word dit uitgebeeld deur tradisionele materiale, neutrale kleure, en ‘n ontwerp wat effens geheimsinnig lyk van buite af.

8. Bul: Jy streef na gemak en daarom is jou huis die rustigheid vanself. Dink aan lekker oop spasies, vars tuine, en ‘n praktiese uitleg.

9. Boogskutter: Dié avontuurlustige teken verdien ‘n huis wat hom laat lyk en voel asof hy op reis is. Dink aan interessante plante, buitelandse dekor en boheemse patrone.

10. Ram: Jy is nie lief vir aandag nie, daarom smelt jou huis gerieflik in saam met die res. En moenie té groot vensters en glasdeure kies nie, aangesien jy erg is oor jou privaatheid.

11. Skerpioen: Al is jy effens teruggetrokke, is ‘n bekoorlike ontwerp vir jou huis nog steeds ‘n goeie keuse, aangesien jy altyd ingestel is op die positiewe kant van die lewe.

12. Weegskaal: Jy is groot op sosiale geleenthede; so, gaan met ‘n praktiese ontwerp wat almal dadelik tuis laat voel, moderne kleure, en spasies waar jy jouself (en vriende) kan sien, soos oop balkonne/stoepe.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine